fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-leier, dr. Pieter Groenewald, toets negatief vir Covid-19

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, is negatief getoets vir die korona-virus. Dr. Groenewald is gister getoets en het die uitslag vandag ontvang.

Die toets is onder meer laat doen nadat dr. Groenewald op 18 Maart op ‘n vergadering van politieke leiers in kontak was met eerwaarde Kenneth Meshoe van die ACDP. Eerw. Meshoe het intussen positief getoets vir die virus.

Dr. Groenewald het op mediese aanbeveling eers sowat twee weke gewag voordat die toets gedoen is om sodoende ‘n meer akkurate en geloofwaardige toetsuitslag te kry.

Volgens dr. Groenewald is hy dankbaar oor die negatiewe uitslag en hy doen opnuut ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om erns te maak met die siekte, om voorgeskrewe regulasies na te kom, om die inperkingstydperk te eerbiedig en om alle voorsorgmaatreëls moontlik te tref om hulself teen die virus te beskerm.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.