fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-jeug in Gauteng verwelkom postume Orde van Mendi-toekenning aan Roydon Olckers

Die VF Plus-jeug in Gauteng verwelkom die postume toekenning van die presidensiële Orde van Mendi aan Roydon Olckers.

Roydon, met sy dood ‘n graad 12-leerder aan die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark, het met die brugtragedie in 2019 by die skool, twee mede-leerders van ‘n gewisse dood gered.

Op dié dag op 1 Februarie het Roydon twee graad 8-leerders, Caitelin Harris en Denise Fourie, van onder die vallende betonbrug weggestamp. Hy is dood toe die brug op hom geval het.

Met hierdie toekenning, wat die presidensie aan burgerlikes vir dapperheid toeken, sal Royden se heldedaad nooit vergeet word nie.

Die toekenning plaas ook weer die veiligheid van skoolkinders en die plig wat op die owerhede rus om toe te sien dat skoolgeboue veilig is, in die kollig.

‘n Tragedie soos dié by die Hoërskool Driehoek mag nooit weer gebeur nie. Die jeug is die hoekstene van die land se toekoms en moet gekoester en beveilig word.

Die VF Plus-jeug het ook vroeër vanjaar op Jeugdag hulde aan Roydon gebring deur hom as jeugheld te benoem.

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.