fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-ingryping in Midvaal spaar belastingbetalers miljoene

Die VF Plus in die Midvaal-plaaslike munisipaliteit het ‘n groot oorwinning vir belastingbetalers behaal nadat ‘n swart ekonomiese bemagtigingkontrak aan JPL Chemicals and Pest Control CC, vir plaagbeheer en onkruidverwydering op aandrang van die party gekanselleer is as gevolg van tender-ongerymdhede.

Hierdie ingryping van die VF Plus het die belastingbetaler na raming sowat R6 miljoen gespaar. Dit is nogtans jammer dat R143, 040.10 reeds aan die kontrakteur betaal is terwyl die DA volgehou het daar is geen ongerymdhede met die toekenning van die betrokke tender nie.

Die VF Plus dring nou daarop aan dat dissiplinêre aksie geneem word teen amptenare wat deel vorm van die tender-evalueringskomitee omdat daar van die voorgeskrewe prosedures afgewys is.

Die toegekende kontrak het bepaal dat JPL Chemicals R6 per vierkante meter vir plaagbeheer betaal word, terwyl ander tenderaansoekers aangebied het om die werk teen 50c per vierkante meter te doen.

Die VF Plus het raadslede en amptenare in de lig van die voorval ten strengste afgeraai om hulle skuldig te maak aan onreëlmatighede binne die munisipaliteit en veral met die toekenning van tenders.

Die party het ‘n verdere ondersoek gevra na verskeie ander tendertransaksies wat na bewering op ‘n onbehoorlike wyse hanteer is. Die VF Plus het ‘n verantwoordelikheid teenoor die belastingbetalers van Midvaal en sal aanhou veg vir hul belange.

Kontaknommer: 082 560 1414

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.