Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Limpopo verkies nuwe provinsiale leier

Mnr. André Moss is die afgelope naweek verkies as die VF Plus se nuwe provinsiale leier vir Limpopo.

Moss volg me. Marcelle Maritz op ná haar skielike afsterwe op 4 Oktober.

Hy is ook onlangs aangewys as die party se nuwe wetgewerlid in Limpopo.

Mnr. Pieter Gerber, VF Plus-raadslid in die Maruleng-plaaslike munisipaliteit en me. Susan Clarke, VF Plus-raadslid in Polokwane, is as die twee ondervoorsitters aangewys.

Die VF Plus in Limpopo is slaggereed om onder Moss se leierskap en met die ondersteuning van lede, raadslede en provinsiale personeel, sy staal te toon met die Thabazimbi-tussenverkiesing op 4 Desember.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.