fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus het steeds vrae na twee amptenare van Sol Plaatje se skorsing opgehef is

Die VF Plus het steeds vrae nadat die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley en Ritchie) die skorsing van sy munisipale bestuurder, mnr. Goolam Akharwaray, en hoof-finansiële beampte, me. Lydia Mahloko, na drie jaar opgehef het.

Beide amptenare het opdrag gekry om op 23 Augustus 2021 met hulle werk voort te gaan.

Hierdie besluit volg ná drie jaar van onsekerheid wat in Sol Plaatje geheers het. Die twee amptenare het ‘n Artikel 106-verslag, waarin hulle van wanadministrasie beskuldig word, in die hof betwis.

Met ‘n raadsvergadering op 18 Augustus is die munisipale raad ingelig dat die hof hierdie verslag ongeldig verklaar het. Die rede wat die hof aangevoer het, is dat die nodige omsigtigheid nie in die opstel daarvan gevolg is nie.

Die VF Plus sal graag sien of die amptenare wel vir werk gaan opdaag.

Mnr. Akharwaray se dienskontrak verstryk teen Desember 2021.

Me. Lydia Mahloko het 'n permanente dienskontrak, strydig met die Munisipale Stelselswet wat bepaal dat direkteure van munisipaliteite termynkontrakte moet hê.

Sedert hierdie amptenare se skorsing hangende die ondersoeke, het Sol Plaatje ernstige kontantvloeiprobleme ondervind.

Die VF Plus twyfel egter of dié twee amptenare se terugkeer enigsins ‘n verskil aan Sol Plaatje se finansiële krisis en swak dienslewering gaan maak.

Die Sol Plaatje-munisipaliteit se verval sal nie oornag opgelos kan word nie.

Die enigste oplossing vir die inwoners van Sol Plaatje is om ontslae te raak van die onbevoegde ANC en dié party te vervang met ‘n verantwoordbare en bevoegde bestuur wat skoon regering vooropstel.

Kiesers het met die komende plaaslike regeringsverkiesing die geleentheid om saam met die VF Plus op te staan, saam te staan en ‘n sterk boodskap te stuur dat die verval gestop en omgekeer kan word.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.