fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus en ander opposisiepartye stap uit gesondheidsportefeuljekomitee oor NGV-wetsontwerp

Die VF Plus en ander opposisiepartye het vanoggend uit ‘n sitting van die parlementêre portefeuljekomitee vir gesondheid gestap weens ontevredenheid oor die nasionale gesondheidsversekering (NGV).

Daar is ontevredenheid oor die feit dat politieke partye in die komitee nie genoeg tyd gegun word om hul eie onderskeie regsmenings rakende die NGV-wetsontwerp te kry nie.

Regsmenings van die parlement en die staat se regsadviseurs het verlede Woensdag voor die komitee gedien met uiters groot verskille tussen die menings.

Die VF Plus het die komiteevoorsitter, dr. Kenneth Jacobs, verlede week skriftelik versoek om vandag se vergadering uit te stel om partye genoegsame tyd te gun om hul eie regsmenings in te win.

Parlementêre- en staatsregsadviseurs is twee maande tyd gegun om hul menings te vorm.

Dr. Jacobs het teen verlede Donderdag op die VF Plus se skrywe gereageer deur te sê hy meen ‘n week, wat ‘n langnaweek insluit, is voldoende om ‘n regsmening te kry.

Tydens vanoggend se komiteesitting het die waarnemende komitee voorsitter, mnr. Elvis Kholwana Siwela, die kwessie weer op die tafel geplaas.

Die VF Plus het gevra dat die vergadering uitgestel word tot 29 Maart om ‘n regsmening gereed te kry. Die ANC het weereens sy meerderheid gebruik om die versoek van die tafel te vee.

Die ander partye, wat die VF Plus se siening deel, was dit eens dat die situasie onaanvaarbaar is. Die party het die vergadering verlaat met die DA kort op sy hakke.

Die VF Plus sal nie toelaat dat ‘n wetsontwerp deurgestoomroller word en dat die ANC die demokratiese proses misbruik om dit te doen nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.