fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis dat verantwoordbare amptenare nou ingryp by krisis in Wesrand-distriksmunisipaliteit

Die VF Plus het in ‘n brief aan die uitvoerende burgemeester van die Wesrand-distriksmunisipaliteit in Gauteng, Boyci Maneli, geëisdat hy in ‘n openbare verklaring erken die munisipaliteit is nie in staat om sy pligte rakende ramp-, noodbestuur en brandbestryding aan die Wesrand, te vervul nie.

Die gemeenskap van sowat 800 000 mense word hierdeur hul toegang tot grondwetlik-gewaarborgde dienste ontsê.

Die protesoptrede en weerhouding van noodsaaklike dienste deur onbetaalde brandweerpersoneel kan lei tot lewensverlies en brandskade in ‘n droë seisoen.

Die munisipaliteit is nie in staat om salarisse te betaal en om werknemers se afgetrekte pensioen, mediese fonds en inkomstebelasting aan die verpligte instansies oor te betaal nie. Dit ten spyte van die feit dat die burgemeester se kantoor met dertig politieke aanstellings sit wat geen bydrae lewer om hul grondwetlike pligte uit te voer nie.

"Terwyl die  Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (CoGTA), Uhuru Moiloa, skitter in sy afwesigheid, word die LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, in sy hoedanigheid as adjunk-voorsitter van die ANC in Gauteng gestuur om die situasie te ontlont, sê Jaco Mulder, VF Plus-leier in Gauteng.

"Dit dui daarop dat dit as ‘n ANC-kwessie hanteer word en dat die publiek aan die Wesrand opsy geskuif word.

"Die ANC-regering in Gauteng moet in 2019 deur ‘n veelparty-koalisie vervang word met die VF Plus as regeringsvennoot," sê Mulder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.