fbpx
Vryheidsfront Plus

Verwyder remblokke teen ekonomiese groei

"Die staat se fiskale raamwerk vir 2018 is ‘n blote balanseertoertjie wat op oorlewing gemik is, en die land se ekonomie sal eers op dreef kom as die staat ‘n omgewing skep wat ekonomiese groei aanmoedig, sê Wouter Wessels, VF Plus LP

Wessels het Woensdagaand in die Nasionale Vergadering gesê tans gebeur die teenoorgestelde en plaas die regering met sy beleid eerder struikelblokke in die pad van groei en welvaart.

Hy sê Suid-Afrika is ‘n land van kontrasterende ekonomiese omstandighede met ‘n moderne ekonomie aan die een kant, en groot sosiale en ekonomiese uitdagings aan die ander kant.

"Teen hierdie agtergrond is daar slegs ‘n klein basis belastingbetalers terwyl meer mense van sosiale toelaes afhanklik is as diegene wat ‘n werk het. Dit beteken Suid-Afrika is in werklikheid ‘n welsynstaat.

Dit is broodnodig om die belastingbasis te vergroot.

 

"Dit is nie volhoubaar nie en daar rus ‘n verpligting op die staat om ‘n omgewing te skep wat ekonomiese groei aanmoedig. Dit kan slegs gedoen word deur ‘n verantwoordelike en effektiewe regering wat beleidsekerheid daar stel en belê in ekonomiese infrastruktuur.

"Die 2018-fiskale raamwerk wat die regering voorstel, sal dit nie vermag nie. Die regering het te lank toegelaat  dat korrupsie, plundery van die staatskas en verkeerde prioriteite hoogty vier.

"Dit is onaanvaarbaar dat kapitaalbesteding gesny word, ook op provinsiale en munisipale vlak. Daar moet in ekonomiese- en waterinfrastruktuur belê word.

"Dit is broodnodig om die belastingbasis te vergroot. Die verhoging van een persent in BTW verseker dat die las eweredig versprei word, in stede daarvan om persoonlike- en maatskappyebelasting te verhoog wat vuisvoos-belastingbetalers verder sal uitbuit.

"Dit is ook nodig om die lys van nul persent BTW-items te vergroot en om meer noodsaaklike produkte in te sluit soos sanitêre produkte en munisipale tariewe.

"Die verhoging met een persent in BTW sal ‘n kleiner impak op armes hê as ‘n verhoogde brandstofbelasting. BTW sal nie die prys van ‘n brood raak nie, maar ‘n verhoogde brandstofprys sal wel. Dit is nie aanvaarbaar nie aangesien daar nie perke is op brandstofbelastings nie.

"Suid-Afrika het ekonomiese groei nodig, en daarvoor is ‘n vryemarkstelsel nodig. Dit is die enigste manier om ekonomiese groei te verseker sonder remblokke soos staatsinmenging, en met private eiendomsreg sonder die onteiening van grond," het Wessels gesê.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.