fbpx
Vryheidsfront Plus

Veelparty-koalisie stuit ANC in Johannesburg

Die veelparty-regering in Johannesburg het die ANC Vrydagaand in sy spore gestuit toe hulle ‘n mosie van wantroue teen die burgemeester en speaker suksesvol afgeweer het met die steun van die VF Plus en ander koalisievennote,

Die mosie van wantroue teen die speaker is afgestem met ‘n meerderheid van 20 stemme.

"Dié mislukte mosie van wantroue dek die tafel vir ‘n moontlike veelparty-koalisie in Gauteng"

“Die ANC het alles in die stryd gewerp om die burgemeester, Herman Mashaba, en speaker, Vasco Da Gama, te ontsetel," sê Franco de Lange, VF Plus-raadslid in die Johannesburgse metroraad.

“Die ANC het selfs gespog dat 15 koalisielede die ANC-mosie sou steun," sê De Lange.

De Lange sê die mosie is so lank as moontlik uitgerek deur die huidige administrasie te diskrediteer en openlik leuens oor die stad se finansiële posisie te skets.

“Die uiteinde was ANC-raadslede wat die raadsaal stert tussen die bene verlaat het na ‘n uitslag van 140 stemme teen 121 . 

“Dié mislukte mosie van wantroue dek die tafel vir ‘n moontlike veelparty-koalisie in Gauteng na die 2019-algemene verkiesing waarin die VF Plus bereid is om te dien,” sê De Lange.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.