Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

TRANSNET PENSIOENE: Nuwe ministers se dringende aandag gevra

Hoewel die nuwe ministers van finansies en openbare ondernemings, mnr. Nene en Pravin Gordhan, ‘n uitdagend taak het wat vir hulle voorlê, wil die VF Plus hulle aandag vestig op ‘n saak van dringende belang gesien uit ‘n menseregte-oogpunt.

Die VF Plus verwys hier na die lot van die verarmde Transnet-pensioenarisse wat ‘n klasaksie-hofsaak van R80 miljard teen Transnet het vir die wanbestuur van hulle pensioenfondse en die nie-betaling van historiese skuld. Die eis van R80 miljard is met rente nou meer as R100 miljard.

"Die meriete van die saak is baie sterk en gaan nog sterker word wanneer die grondwetlike hof ‘n uitspraak lewer in die saak oor ‘n tegniese beswaar wat Transnet geopper het," se Antn Alebrts, LP en VF Plus-voorsitter.

"Waar gaan die tesourie R100 miljard kry"

 

Alberts sê pensioenarisse het die grondwetlike hof gevra om ‘n argument toe te laat waaroor die einste hof voorheen beslis het en meer spesifiek dat die staat gebonde is aan ‘n belofte wat gemaak is teenoor ‘n groep mense. Indien die grondwetlike hof beslis dat die argument toelaatbaar is, sal Transnet geen verweer hê in die aangeleentheid nie.

"Transnet het beloftes aan die pensioenarisse gemaak aangaande hul pensioen wat nooit nagekom is nie.

"Oud-minister Brown het na gesprekke met die VF Plus aangedui sy sal die nodige fondse soek om die aangeleentheid af te handel. Die VF Plus hoop dat die nuwe ministers sal voortgaan hiermee aangesien die verarmde pensioenarisse afsterf teen ‘n koers van amper 400 ‘n maand.

"Dit maak hierdie saak uit ‘n menseregte-oogpunt baie dringend. Hierdie mense ly as gevolg van hul karige pensioene wat in monetêre waarde binnekort minder as die regering se ouderdomstoelaag sal wees."

 Alberts sê die eis skep ook ‘n geweldige risiko vir die staat.

Wanneer die eis slaag, sal Transnet en sy aandeelhouer aanspreeklik wees vir ‘n bedrag wat die land nie kan bekostig nie.

"Waar gaan die tesourie R100 miljard kry?

 "Die ministers moet kennis neem van hierdie onreg en die finansiële risiko en hierdie saak onmiddellik afhandel," sê Alberts.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.