Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Supra sorg vir super-swak mediese dienste

Die krisis in gesondheidsdienste weens stakende gesondheidsamptenare in Noordwes het daartoe gelei dat twee vroue lewensnoodsaaklike operasies geweier is omdat die hospitaal in Delareyville gesluit was.

Een vrou is ‘n noodkeisersnee in die hospitaal geweier en ‘n ander kon nie behandeling na ‘n miskraam kry nie weens die feit dat gesondheidsdienste weens stakende personeel nie beskikbaar is nie.

Hulle moes hulle na ‘n hospitaal in ‘n nabygeleë dorp vervoer word.

"Soos met oud-president Jacob Zuma die geval was, moet Mahumapelo die regte ding doen en bedank as premier van Noordwes"

 

Die twee vroue is ook behandeling geweier by Lichtenburg en is na Vryburg se hospitaal gehaas.

Hulle is per polisievoertuie na die hospitale vervoer weens ongerymdhede tussen die regering en die Buthelizi-ambulansdienste wat gevolglik tans nie dienste aan inwoners lewer nie.

"Gesondheidsorg in Noordwes word tans lamgelê deur die premier, Supra Mahumapelo, wat die provinsie effektiewelik geiselaar hou om so lank as moontlik in sy pos aan te bly," sê Michal Groenewald, VF Plus-leier in Noordwes. 

"Die gervolg daarvan is dat Noordwes se swakstaat-status vererger met die moontlikheid dat onluste wat die afgelope twee dae in Mafikeng voorkom, na die res van die provinsie kan uitbrei en beseerdes nie deur Supra se super-swak mediese dienste behandel sal kan word nie.

"Soos met oud-president Jacob Zuma die geval was, moet Mahumapelo die regte ding doen en bedank as premier van Noordwes.

Die provinsie het nie net ‘n politieke ramp vir die ANC geword het nie, maar inwoners se lewe word nou in gevaar gestel weens dieselfde ramp wat die regerende party eenvoudig nie kan bestuur nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.