Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Staatskaping-vangnet laat te veel wegkom

"Die gate in die vangnet wat staatskapers moet vastrek, is te wyd en laat die oorgrote meerderheid oortreders wegkom. Die fokus is op hoë profiel-oortreders terwyl elke oortreder, groot en klein, verantwoording moet doen," sê Jaco Mulder, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van justisie en korrektiewe dienste.

"Die VF Plus het vandag in ‘n parlementêre ledeverklaring die instelling van verskeie maatreëls deur president Cyril Ramaphosa om swak bestuur, staatskaping en korrupsie uit te wis verwelkom, maar het uitgewys dat die vervolgingsprosesse weens verskeie redes veel te wense oorlaat.

"In die proses om skuldiges te sif uit die verskeie ANC-faksies en net op sommige sake te fokus, is daar nie ware geregtigheid vir die mense wat die swaarste deur staatskaping en korrupsie geraak is nie, en dit is die armstes in die gemeenskap.

"Die vlakke van ongelykheid, armoede en werkloosheid wat grootliks vererger is deur staatskaping en korrupsie, moet in gedagte gehou word wanneer die misdade van politici, private persone en sakelui ondersoek word.

 

"Dit is die ware rede vir die gebrek aan ekonomiese bemagtiging in Suid-Afrika. Die mense van Suid-Afrika se toekoms is wyd-algemeen onteien sonder vergoeding."

 

"Die spesiale ondersoekeenheid, die spesiale tribunaal, die howe, die polisie sowel as die kantoor van die openbare beskermer (OB) is onderbefonds, onderbeman en dit ontspoor regspleging.

"Geselekteerde hoëprofiel-gevalle is dikwels die fokus van ondersoeke terwyl ander klagtes grootliks geïgnoreer word met nadelige gevolge vir dienslewering.

 

"Dit sou seker nie ver verkeerd wees om te skat dat daar in 98% van die gevalle van die misbruik en vermorsing van openbare geld, geen gevolge vir die oortreders is nie."

 

"Dit is verkeerd. ANC het 'n akroniem geword vir die Engelse “Absolute No Consequence”. Die uitvoerende gesag moet aanspreeklik gehou word.

"Ondersoeke net om die publiek te paai sal die wortel van die kwaad nie uitroei nie. Alle oortreders moet die reg vrees, nie net dié wat om politieke redes op die radar beland nie," sê Mulder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.