"Die ondersoek en beslagleggings in al die kantore van die meester van die hooggeregshof vandag is ‘n verdere teken van morele verval in Suid-Afrika," sê Jaco Mulder, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van justisie.
"Wanadministrasie en korrupsie moet op alle vlakke in Suid-Afrika uitgeroei word. Die departement van justisie moet juis as voorbeeld dien en veral die kantoor van die meester van die hooggeregshof waar onder meer talle kwesbare mense se boedels hanteer word.
"Die totale sluiting van al die kantore van die meester kan regsimplikasies inhou."
"Die VF Plus verwelkom die ondersoek, maar betwyfel of dit nodig is om die totale werksaamhede van dié krities belangrike kantoor en sy rol tot stilstand te dwing.
"Die minister van justisie, mnr. Ronald Lamola, moes vroeër reeds ‘n ondersoek geloods het om te verhinder dat die omvang van korrupsie tot op hierdie vlak vorder," sê Mulder.