Skole moet nie toelaat dat die organisasie Ogod hulle afpers en intimideer wat godsdiensbeoefening in skole aanbetref nie en hulle staan onder geen verpligting om aan dié organisasie verantwoording te doen oor die skool se interne aangeleenthede nie,” sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor basiese onderwys.
Hy sê die Grondwethof se uitspraak wat godsdiensgelykheid op skole bevestig, plaas ‘n verpligting op statutêre liggame om uitvoering aan die uitspraak te gee, en dit beteken dat Ogod buite orde is om aanmaningsbriewe aan Christelike skole, of enge ander skool te stuur.
“Skole moet kennis neem dat hulle steeds godsdiens mag beoefen solank hulle dit op ‘n billike wyse doen en nie leerlinge dwing om daaraan deel te neem nie
Die verantwoordelikheid om aan die Grondwethof-uitspraak te voldoen lê op die vlak van stature liggame soos skoolbeheerrade en die onderskeie onderwysdepartemente.
“Ogod se optrede dui daarop dat die organisasie ‘n vendetta voer teen godsdiens en in besonder teen die Christelike godsdiens aangesien al sy onlangse aanmanings na Christelike skole gestuur is.
“Die VF Plus adviseer skole om nie geïntimideer te word deur hierdie optrede nie en dat enige aksie van Ogod se kant met die betrokke onderwysdepartement opgeneem moet word.
“Die VF Plus is ten gunste van Christelike beginsels in die opvoeding van kinders in skole wat in oorwegend Christen-gemeenskappe geleë is,” sê adv. Alberts.