fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Regering se salarisrekening en grootte van topbestuur is buitensporig

Die regering se salarisrekening is buitensporig, onvolhoubaar en stuur op ‘n krisis af. Die topbestuur is buitensporig groot en hulle verdien buitensporige salarisse.

Tog word daar nie behoorlike dienste gelewer nie.

Só sê Wouter Wessels, in reaksie op die die begrotingsdebat van departement van staatsdiens en administrasie.

"Die ANC moet sonder meer van hom [Ace Magashule] ontslae raak as hy wil wys dat hy erns het oor die uitroei van korrupsie"

 

Wessels het tydens die debat Woensdag in die parlement gesê selfs met hierdie reuse salarisse is die amptenare oënskynlik steeds onbevoeg om hul werk te doen en raadgewers en konsultante word dan teen ewe groot vergoedingspakkette aangestel om hulle werk vir hulle te doen.

“Ministers en adjunkministers stel politieke amptenare in hul kantore teen geweldige hoë salarisse aan. Wanneer ‘n kabinetskommeling plaasvind, word hierdie persone dan na afdelings gestuur waar hulle geensins aangewend kan word nie.  Daar is talle voorbeelde van hoëvlak-amptenare wat geen bydrae tot dienslewering lewer nie aangesien hulle bloot politieke aanstellings was.

“Die regulasie wat bepaal dat senior bestuurslede hul belange moet verklaar word in baie gevalle nagekom, maar die vraag is wat word met hierdie inligting gedoen. Wie vergelyk dit jaar op jaar om vas te stel of daar enige onreëlmatighede is rakende die amptenare se bates en geldelike vermoë? Dit gebeur nie.

“Daar moet weggedoen word met die gebruik om amptenare om politieke redes aan te stel, veral op senior bestuursvlak.

“Die regering spog baie dat hy optree teen amptenare wat sake met die regering doen. Dit is egter ‘n skande dat dit ooit in die eerste plek toegelaat is om te gebeur. Dit is ook nie uitgeroei nie en gebeur steeds. Van hulle is steeds in hoë poste in die regerende party, soos sy sekretaris-generaal Ace Magashule.

“Die ANC moet sonder meer van hom ontslae raak as hy wil wys dat hy erns het oor die uitroei van korrupsie,” het Wessels gesê.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.