fbpx
Vryheidsfront Plus

Ramaphosa moet sê oor gesteelde grond

Pres. Cyril Ramaphosa het in vraetyd in die parlement aangesluit by die EFF se narratief dat grond in Suid-Afrika gesteel is, en hy het herhaal dat onteiening sonder vergoeding sal plaasvind.

Die president het Donderdag dié uitlatings gemaak in reaksie op ‘n stelling dat hy dubbel praat oor sekere beleidsaspekte van die ANC soos oor onteiening sonder vergoeding en dat hy ‘n afgewaterde weergawe hieroor aan die buiteland voorhou.

Die VF Plus wil van president Ramaphosa verneem of hy enige bewys kan lewer oor sodanige grond wat in Suid-Afrika gesteel is, of hy kan sê deur wie dit gesteel is, en waar en wanneer dit gesteel is.

"Indien die president enige bewyse vir hierdie uiters gevaarlike stelling het, wil die VF Plus vra waarom daar nie ‘n klag van diefstal by die polisie aanhangig gemaak word teen die skuldige party of partye nie," sê Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

Die Transvaalse Landbou-unie (TLU) is op rekord dat hy R100 000 as beloning aanbied aan enigiemand wat kan bewys dat daar ooit grond deur boere in Suid-Afrika gesteel is. Daar was sover bekend nog geen reaksie op hierdie beloning nie.

"Dit is teleurstellend en kommerwekkend dat die president hom deur die EFF laat lei oor die grondkwessie deur eers onteiening sonder vergoeding as beleid te aanvaar en dat hy nou ook die narratief oor grond wat gesteel is, herhaal.

"Indien hy dit doen om steun vir die ANC te werf vir die komende verkiesing, sou dit uiters kortsigtig wees aangesien die langtermyn-gevolge van sy uitlatings groot skade vir die land kan inhou wat voedselsekerheid, menseverhoudinge en beleggersvertroue aanbetref," sê Groenewald.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.