Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ramaphosa in duister oor werklikhede van grondgrype

"President  Cyril Ramaphosa sê grondgrype sal nie geduld word nie en dat die wet hieroor streng toegepas moet word, maar die werklikheid is dat grondgrype wel plaasvind terwyl wetstoepassers toekyk en nie optree teen die wetsoortreders nie," sê Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

"Die polisie gee nie gehoor aan grondeienaars wanneer hulle versoek word om in te gryp teen grondbesetters nie. Die polisie en metropolisie staan en toekyk hoe die wet verbreek word en vereis eers ‘n hofbevel voordat hulle bereid is om op te tree.

"Die president sal hom drasties moet vergewis van die werklikhede op grondvlak"

 

"Grondgrype vind oor die land heen plaas en tussen Groblersdal en Marble Hall het grondgrypers selfs ‘n teerpad opgebreek om toegangsroetes te versper. Geen arrestasie in dié verband is nog gemaak nie en grondgrypers word oënskynlik ongestraf gelaat.

"Die president sal hom drasties moet vergewis van die werklikhede op grondvlak om kennis te neem van die gevolge van onrealistiese verwagtinge oor grond wat by die massas geskep word.

" Ramaphosa sal eers die toets slaag indien wetstoepassers onmiddellik optree wanneer klagtes ingedien word teen grondbesetters," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.