fbpx
Vryheidsfront Plus

Ramaphosa blatant oneerlik met wêreld oor plaasmoorde

"President Cyril Ramaphosa se ontkenning by die Bloomberg Global Bussiness Forum in New York van plaasmoord en grondgryp in Suid-Afrika is oneerlik en ‘n blatante leuen. Dit is ‘n jammerlike poging om die buiteland hieroor ‘n rat voor die oë te draai," sê dr Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

Groenewald sê die president is óf totaal waningelig óf hy is besig met ‘n blatante poging om die Verenigde Nasies (VN) én die wêreld onder ‘n vals indruk te bring, veral oor plaasmoord.

"Die feit dat die polisie self die statistiek oor plaasmoord en -aanvalle bekend stel, asook vorige polisieverslae oor plaasaanvalle, erken die werklikheid van plaasmoord en -aanvalle en dit maak dit onverstaanbaar dat die president van die land in ‘n staat van ontkenning daaroor is en die boere sodoende in die steek laat.

"Aan die een kant vertel hy hoe belangrik boere is, maar in die buiteland verraai hy hulle.

"’n Polisieverslag van 2003 oor plaasmoord het alreeds bevind dat die redes vir plaasmoord polities van aard is, dat dit oor die grondkwessie gaan, dat rassisme ‘n rol speel en dat gewone misdaad ook ‘n oorsaak is.

"Indien die president werklik eerlik wil wees teenoor die wêreld, moes hy eerder gevra het dat internasionale hulp verleen word om te kyk hoe ‘n bydrae gemaak kan word om misdaad in Suid-Afrika te bekamp, en in besonder plaasmoord wat deels die oorsaak is van die gebrekkige landelike beveiligingstelsel en -strategie in Suid-Afrika.

"Dit is ‘n algemene feit dat grondgrype op verskeie plekke in Suid-Afrika plaasvind, en dat slegs in enkele gevalle daar geslaagde optrede was om die grondgrypers te verwyder deur ‘n hofbevel. Daar vind baie meer onwettige grondbesettings (grondgrype) plaas as wat onwettige grondbesetters deur ‘n hofbevel verwyder word.

"Dit is die realiteit en werklikheid in Suid-Afrika," sê Groenewald.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.