Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Pres. Jacob Zuma gekonfronteer met die wreedheid van plaasaanvalle

President Jacob Zuma is omring van lyfwagte en is daarom nie bewus van die ware omvang van misdaad in Suid-Afrika nie. Dit is die rede waarom hy die president vandag gekonfronteer het met die harde werklikheid van die wreedheid van plaasaanvalle en -moorde, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald het vandag met vraetyd ook aan die president gevra of hy ‘n ervare en kundige persoon as nasionale polisiekommissaris sal aanstel wat uit die geledere van die polisie kom, en of dit ‘n aanstelling op meriete sal wees of weer ‘n politieke aanstelling soos die geval was sedert 1999.

Hy het daarna ook gevra of die president bewus is van die “ongemaklike waarheid” rondom die wreedheid wat met plaasaanvalle en -moorde gepaard gaan.

“Is die president bewus daarvan dat misdadigers elektriese bore gebruik om gate in hul slagoffers se voete en bene te boor? Is hy bewus daarvan dat slagoffers met warmgemaakte ysters gebrand word?

“Is hy bewus daarvan dat misdadigers kokende water oor hul slagoffers gooi en in hul kele afgooi? Dat hulle selfs slagoffers se geslagsorgane afsny, dit kook en eet?

“Hierdie ongemaklike waarheid is die realiteit rondom plaasmoorde. Misdaad is besig om buite beheer te raak en daarom moet die regte kommissaris nou aangestel word,” het dr. Groenewald gesê.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.