"Die Gautengse premier, David Makhura, het tydens ‘n vraag en antwoord-sessie in die Gautengse wetgewer op ‘n vraag van die VF Plus aangedui dat die Gautengse ANC se finale posisie oor die e-tol kwessie is dat Sanral-skuld terugbetaal moet word," sê Anton Alberts, VF Plus-nasionale voorsitter en LPW in die Gautengse wetgewer.
"Die VF Plus beskou die posisie as skandalig aangesien die Gautengse ANC nog altyd aangedui het dat hulle heeltemal teen die e-tol gekant is.
"Dit blyk nou die Gautengse ANC tydens onderhandelinge met die nasionale ANC-regering ingestem het dat sommige padgebruikers, veral groot besighede, steeds e-tol moet betaal.
"Die antwoord deur die premier het gevolg na adv. Anton Alberts, VF Plus voorsitter en leier in die Gautengse wetgewer, die premier gekonfronteer het omdat hulle voor die 2019-verkiesing dit telkemale duidelik gestel het dat hulle heeltemal teen die e-tol gekant is. Die ANC het selfs na die Uniegebou gemarsjeer in opposisie teen die e-tol en die nasionale ANC-regering.
"Sou die remedies sonder sukses uitgeput word, moet die provinsiale ANC-regering die nasionale regering hof toe neem.
"Die premier se reaksie was bloot dat daar geen dispuut bestaan tussen die provinsiale en nasionale regerings oor e-tol nie wat die vermoede versterk dat premier Makhura en sy ANC-span gekapituleer het.
"Voorts vind die VF Plus dit uiters kommerwekkend dat dit lyk of groot besighede op die altaar geoffer word om e-tol te bly betaal terwyl maatskappye alreeds hoog belas word. Die sogenaamde oplossing sal verseker lei tot meer werksverliese soos besighede die e-tol kostes probeer absorbeer."
"Dis duidelik dat die ANC wat die e-tol kwessie betref nie te vertrou is nie. Die VF Plus sal voortgaan met die stryd om die e-tol heeltemal af te skaf," sê Alberts.