Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Panyaza Lesufi moet uit sy amp as LUR onthef word

Die politieke agenda wat die LUR van onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, dryf het Gauteng nou gedompel in chaos, wanorde, geweld en rassisme.

"Met elke toespraak wat Lesufi in die Gautengse wetgewer maak, word hy deur die EFF toegejuig."

 

Die VF Plus waarsku al 'n geruime tyd in die Gautengse wetgewer dat Lesufi hom nie bepaal by sy werk nie, maar eerder 'n agenda het om in die kabinet op te eindig, Afrikaanssprekendes te onthef van hul grondwetlike regte om in hul moedertaal onderrig te word, Afrikaners voortdurend met swepe te slaan en versuim om skole te bou asook om genoegsame onderwysers aan te stel.

Lesufi, wat altyd met groot bravade voor die kameras verskyn, se agenda teiken nou alle enkelmedium-skole in die provinsie. Die VF Plus glo dat Lesufi besig is om rassisties op te tree en dat hy 'n agenda van die EFF dryf.

Met elke toespraak wat Lesufi in die Gautengse wetgewer maak, word hy deur die EFF toegejuig.

Die VF Plus begin nou wonder van watter party hy nou eintlik 'n lid is.

Die VF Plus doen 'n beroep op die Gautengse premier, David Makhura, om dadelik teen Lesufi se laksheid op te tree deur hom van sy amp as LUR te onthef en hom verantwoordelik te hou vir al die geweld wat nou by skole losbars.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.