fbpx
Vryheidsfront Plus

Openbare geweld in Krugersdorp teen SAPD die gevolg van jare lange swak polisiëring

Die openbare geweld teen dwelmhandel wat vandag in die strate van Krugersdorp afspeel, is die gevolg van jare lange swak polisiëring sê, mnr. Jaco Mulder, VF Plus-leier vir Gauteng.

Mulder sê ‘n oproerige skare het reeds die Munsiville-polisiekantoor en verskeie huise in die dorp se sakekern aan die brand gesteek, terwyl die polisie hul hande vol het om die skare met skokgranate in bedwang te bring.

 “Die polisie in Krugersdorp versuim reeds jare lank reeds om op te tree teen dwelmhandelaars wat in die sentrale sakekern bedrywig is.

“Die VF Plus versoek die Gautengse polisiekommissaris, luitenant-generaal Deliwe de Lange en die LUR vir gemeenskapsveiligheid, mnr. Sizakele Nkosi-Malobane, om onmiddellik in te gryp omdat die plaaslike polisie duidelik in sy polisiëringsmandaat gefaal het,” sê Mulder.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.