fbpx
Vryheidsfront Plus

Onaanvaarbaar dat Dipaleseng swyg oor besoedelde water

Dit is onaanvaar dat die Dipaleseng-plaaslike munisipaliteit (Balfour, Greylingstad, Grootvlei) al sedert 22 Maart weet sy drinkwater is met E. coli besmet, maar steeds swyg oor die feit dat dit nie geskik is vir menslike gebruik nie.

Toetse wat in samewerking met die VF Plus en WaterCan op 14 Maart op die water uitgevoer is, het ‘n hoë vlak van E. coli getoon wat veroorsaak is deur menslike of dierlike uitskeiding. Dié toetse is weer op 29 Maart herhaal.

Die chemiese toetse het aangedui dat die chloor-inhoud in Dipaleseng se water onaanvaarbaar laag is, en die water dus onveilig is vir menslike gebruik. Daar word duidelik nie genoeg chemikalië bygevoeg om die water te suiwer nie.

Daar word wel maandels R500 000 se chemikalië aangekoop vir die watersuiweringsaanleg, maar die kwaliteit bly onaanvaarbaar.

Sommige dae ruik die water sleg en is troebel.

Ten spyte daarvan dat die uitslae reeds twee weke gelede onder die aandag gebring is van die munisipale bestuurder, mnr. Lwazi Cindi, het hy nog nie gereageer nie.

Die VF Plus maan inwoners om nie kraanwater te drink tensy dit nie eers gekook is nie. Daar kan ook van die boorgate by die AGS-kerk en Spar-sentrum gebruik gemaak word.

Die VF Plus vind dit onaanvaarbaar dat inwoners tot hierdie uiterstes moet gaan om toegang tot drinkbare water te verkry. Water is ‘n basiese grondwetlike reg.

Dit is die direkte gevolg van die onbevoegdheid van die ANC-geleide regering in beheer van Dipaleseng.

Die VF Plus gaan druk plaas op mnr. Cindi om die waterkwaliteitresultate maandeliks te publiseer en om die waterkwaliteit onmiddellik reg te stel om siektes te voorkom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.