Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) het geen reg om die staatsdiens se pensioenfonds as sy eie spaarvarkie te beskou waarmee die ANC-regering se haas bankrot instellings soos Eskom gered moet word nie, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.
“Die geld behoort nie aan die trustees of die OBK nie, maar aan die staatsamptenare wat pensioen betaal het."
Eskom moet teen die einde van Februarie ‘n verdere R10 miljard vind om lenings aan banke terug te betaal.
Hy sê dit is onrusbarend dat geld van die staat se pensioenbetalers hoegenaamd gebruik word om ‘n entiteit wat deur wanbestuur en korrupsie tot op die rand van totale bankrotskap gedryf is, uit sy kontantvloeiprobleme te red.
“Die geld behoort nie aan die trustees of die OBK nie, maar aan die staatsamptenare wat pensioen betaal het.
“Die amptenare sal die boodskap hard en duidelik aan die OBK moet oordra dat hulle dit nie sal aanvaar dat daar op ‘n onverantwoordelike wyse met hul geld omgegaan word nie en dat lenings aan mislukte staatsentiteite onaanvaarbaar is.
“Die VF Plus sal monitor of die geld soos ooreengekom terugbetaal word. Indien iets skeefloop sal die party toesien dat die trustees aangekla word en die geld teruggekry word, sê adv. Alberts.