Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Ntombela mag nie provinsie soos COGTA bestuur nie

Die aankondiging dat Sisi Ntombela, huidige LUR van samewerkende regering en tradisionele sake (COGTA) en voormalige LUR van maatskaplike ontwikkeling in die provinsie die aangewese premierskandidaat vir die Vrystaat in Ace Magashule se plek is, word met omsigtigheid ontvang. 

"Enige kandidaat is meer aanvaarbaar as Ace Magashule, maar Ntombela se bewese rekord van swak bestuur in die departemente van samewerkende regering, wat in beheer is van die munisipaliteite in die Vrystaat, asook die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling, is kommerwekkend," sê Wouter Wessels, Vrystaatse LP.

Wessels sê Vrystaat se munisipaliteite is in ‘n benarde toestand weens wanbestuur en onbevoegdheid.

"Die departement van samewerkende regering staan in beheer van hierdie munisipaliteite en is veronderstel om die nodige kontroles en bestuur in plek te hê om sulke grootskaalse wanbestuur te voorkom en te behandel, maar onder Ntombela se bestuur het die munisipaliteite net verder verval.

 "Die VF Plus sal Ntombela aanspreeklik hou in haar rol as premier, veral omdat sy in die verlede al bewys het dat ANC-lojaliteit vir haar belangriker is as die welstand van die gemeenskap van die Vrystaat," sê Wessels

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.