fbpx
Vryheidsfront Plus

Nog ‘n boer koelbloedig vermoor

"Die VF Plus veroordeel die moord op mnr. Schalk van der Merwe en die wrede aanranding van sy vrou, Lettie, ten sterkste. Die egpaar is Sondag, 24 November, aangeval op hul plaas in die Noordwes-provinsie naby Wolmaransstad," sê Fanie du Toit, VF Plus-LP in die NRP.

"Die VF Plus sal voortgaan om druk op die regering te plaas om plaasmoorde en -aanvalle tot ‘n prioriteitsmisdaad te laat verklaar. Dit is onaanvaarbaar dat die beroep van ‘n boer gevaarliker is as om ‘n polisiebeampte te wees in Suid-Afrika.

 

"Landbou is nie slegs ‘n beroep nie, maar ‘n roeping en elke Suid-Afrikaner se voortbestaan word bedreig deur die moord op nog ‘n boer." 

 

"Misdaad teen boere is ‘n misdaad teen die hele gemeenskap – nie net plaaslik nie, maar oor die hele land aangesien dit een van die faktore is wat voedselsekerheid bedreig. 

 

"Dit is tyd dat die ANC-regering ophou met lippetaal en daadwerklik die landelike veiligheidsplan in werking stel. Daar moet ook opgehou word met die stigmatisering en viktimisering van boere want dit strek nie net tot nadeel van die boere, hulle families en werkers nie, maar van die hele Suid-Afrika."

 

"Die VF Plus doen ‘n ernstige beroep op landelike gemeenskappe om self ook beheer te neem van hul veiligheid en aan te sluit by georganiseerde veiligheidstrukture in hul omgewing en hulself binne die raamwerk van die wet te beveilig en verdedig.

"Die VF Plus spreek sy innige simpatie uit met die familie van die oorledene en wens mev. Van der Merwe ‘n spoedige herstel toe," sê du Toit.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.