fbpx
Vryheidsfront Plus

Antwoorde moet nou gevind word op waterkrisis

"Die interministeriële komitee op dienslewering moet sonder verwyl die impak van waterlekkasies en vermorsing by munisipaliteite ondersoek en oplossings op elke regeringsvlak vind om water te bespaar," sê Armand Cloete, VF Plus-LP in die NRP.

"Dit is kritieke belang om nou daadwerklike antwoorde te vind op die droogte en waterskaarste in Suid-Afrika. Dit kan nie langer uitgestel word nie.

 

"Die huidige droogte, veral in die provinsies van Noordwes, die Vrystaat en die Oos-Kaap, kan die enkele grootste sosiaal-ekonomiese of omgewingsramp word wat die land nog getref het."

 

"Die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, Lindiwe Sisulu, erken in hierdie verband onder meer dat die bou van damme sowat ‘n dekade agter skedule is, dat foutiewe pompstasies, swak instandhouding en waterinfrastruktuur groot hoeveelhede water vermors.

"Daarbenewens word waterbronne besoedel deur rioollekkasies en die vraag na water is in baie gebiede besig om die normale beskikbaarheid te oorskry.

"Bestaande inligting wys dat tot 41% van die land se opgegaarde water verlore gaan weens lekkasies en swak infrastruktuur. Dit is daarom van die allergrootste belang om munisipaliteite te wys op die noodsaaklikheid daarvan om elke druppel water te bespaar," sê Cloete.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.