fbpx
Vryheidsfront Plus

Minister se gesloer met ondertekening van regulasies kan lei tot groot tekort aan verpleegsters

"Dit het gister aan die lig gekom dat die minister van gesondheid se gesloer om nuwe regulasies te onderteken, dalk kan beteken dat geen opleiding van nuwe verpleegsters in 2020/21 sal kan plaasvind nie," sê Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van gesondheid.

"Hierdie regulasies is uitstaande sedert 2014. Die regulasies handel oor verpleegopleiding, praktyk en program en die herakkreditering van bestaande instellings en programme vir verpleegonderrig. 

"Die strategiese plan vir die opleiding van verpleegsters, wat voorsiening maak vir nuwe kwalifikasies, is al in 2013 ingestel maar nog geen private opleidinginsgellings en kurrikulums is al goedgekeur of geakkrediteer nie. Dit wil voorkom asof die probleem tussen die ministerie van hoër onderwys en die departement van gesondheid lê.

"Daar word voete gesleep met die akkreditasie van verpleegkursusse en die goedkeuring van private verpleeginstansies. Wat die rede hiervoor is, is nie bekend nie, maar dit gaan veroorsaak dat Suid-Afrika ‘n groot tekort aan verpleegsters gaan hêwat nie bekostig kan word nie.

"Al word die regulasies vandag nog onderteken, gaan dit eers vir ‘n maand lank gepubliseer word vir kommentaar vanaf die publiek en dit gaan tot gevolg hêdat dit te laat gaan wees vir opleiding in 2020. Daar is blykbaar ook probleme by die South African Nursing Council oor die akkreditasie van programme vir voorgraadse opleiding.

 

"Die VF Plus is diep bekommerd oor hierdie probleem aangesien 60% van die land se verpleegsters by privaat-instellings opgelei word. In 2010 was die tekort aan verpleegsters sowat 45 000."

 

"Gister in die parlement se portefeuljekomitee vir gesondheid het die departement in die presidensie vir beplanning, monitering en evaluering in ‘n verslag bekend gemaak dat daar slegs 287 000 verpleegsters in die land is vir ‘n bevolking van 60 miljoen mense.

"Indien akkreditasie nie gaan plaasvind nie, kan dit lei tot erge tekorte in die gesondheidsorg. Die VF Plus waarsku nou reeds dat die impak hiervan enorm en katastrofies op Suid-Afrika se reeds sukkelende gesondheidsorg gaan wees en sal aanhou om die kwessie te dryf sodat oplossings gevind kan word," sê van Staden.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.