Die afsterwe van die ekonoom, Mike Schüssler, is ‘n reuse verlies vir Suid-Afrika.
Mnr. Schüssler nie net ‘n briljante ekonoom nie, maar het ‘n hart vir mense gehad soos bewys deur sy diep kommer oor die groeiende endemiese armoede in Suid-Afrika.
Hy het met skerp analitiese vermoëns deurgaans aangedui waar die land se probleme lê en wat gedoen moet word om die kwessies aan te pak.
Mnr. Schüssler het sy talente met drif gebruik om Suid-Afrika ‘n beter plek te maak om in te woon.
Sy talent om ongewone statistiek te ontdek wat Suid-Afrika se problematiek van swak ekonomiese groei op ‘n unieke wyse belig, was van onskatbare waarde.
Die VF Plus kon ruim gebruik maak van sy insigte in debatte in die parlement en provinsiale wetgewers om op ‘n konstruktiewe wyse aan te dui wat die korrekte pad van ekonomiese ontwikkeling moet wees.
Mnr. Schüssler se ekonomiese navorsing het die VF Plus ook gehelp in debatte rakende die Transnet-pensioenariskwessie waarmee die dringendheid van ‘n skikking suksesvol onder die aandag van die regering gebring kon word.
Hy los vir ons ‘n voorbeeld agter oor hoe om nugter denke te gebruik om die emosionele kwessies van menslike swaarkry aan te spreek.