fbpx
Vryheidsfront Plus

Matlosana hervat straat-herstelprojek in Klerksdorp ná VF Plus-druk

Die Matlosana-plaaslike munisipaliteit het ‘n straat-herstelprojek in Klerksdorp hervat ná volgehoue druk van die VF Plus in die munisipale raad.

Die projek is hervat nadat die VF Plus kapsie gemaak het in die raad se infrastruktuurkomitee, teen die klaarblyklike opskorting van die projek.

Die projek het reeds in 2022 begin maar is in Desember opgeskort sonder enige kennisgewing van die munisipaliteit.

Die VF Plus het sedertien ook deurlopend druk toegepas op die verantwoordelike departement in die munisipaliteit.

Slaggate in sommige strate word nou weer herstel en hoofroetes soos Buffeldoornweg in Klerksdorp, wat ‘n belangrike sakegebied in die dorp bedien, word oorgeteer.

Plaaslike ondernemings het reeds groot skade gely weens die onbegaanbaarheid van belangrike toegangsroetes na sakegebiede.

Die VF Plus sal voortgaan om die projek se vordering te monitor en sal weer intree indien nodig.

Dit is ‘n skande dat die ANC-beheerde Matlosana-munisipaliteit toelaat dat kern-infrastruktuur só verval en eers begin om hul basiese diensleweringsfunksies te verrig ná druk van die VF Plus.

Die inwoners van Hartbeesfontein, Klerksdorp, Orkney en Stilfontein verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.