fbpx
Vryheidsfront Plus

Kragopwekker by Vaaloewer-watersuiweringsaanleg herstel ná druk van die VF Plus

Danksy volgehoue druk van die VF Plus op Randwater om ‘n kragopwekker by die Vaaloewer-watersuiweringsaanleg te herstel en ‘n versoek aan Eskom om beurtkrag vir vier weke by dié aanleg op te skort, is die reservoir wat Vaaloewer bedien, weer vol water.

Vaaloewer, wat onder die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit val, se dorpsgebied het aan die begin van Desember ‘n watertekort ondervind.

By nadere ondersoek is gevind dat die kragopwekker by die aanleg reeds vyf weke buite werking is.

Weens verhoogde beurtkrag en met Emfuleni Metsi-personeel wat net van 08:00 tot 16:00 aan diens is en na ná-ure nie, is daar nie genoeg water na die reservoir gepomp nie.

Die Vaaloewer-belastingbetalervereniging het ingestem om ‘n nuwe aansitter vir die kragopwekker te koop en Randwater het ingestem om bykomende personeel beskikbaar te stel vir ‘n tweede skof per dag.

Eskom het ook ingestem om beurtkrag vir ‘n wyle te staak totdat die een miljoen liter reservoir vol is en die waterprobleme opgelos is.

Die VF Plus sal die situasie by die Vaaloewer-watersuiweringsaanleg dophou om te voorkom dat die reservoir weer leegloop.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.