fbpx
Vryheidsfront Plus

Kommersiële boere kry verkeerdelik skuld vir ANC se onvermoë

Al die ANC-wetgewerlede het gedurende die begrotingsposdebat oor die Vrystaatse departement van landbou verwys na die wit onderdrukker, die boere wat grond van swart mense gesteel het en witmonopoliekapitaal beskuldig vir al die regerende party se tekortkominge.

Tammy Wessels, VF Plus LPW in die Vrystaat het in haar toespraak tydens dié departement se begrotingsrede gesê die ANC-regering is verantwoordelik vir die miljarde rande wat weens mislukte landbouprojekte en korrupsie in hierdie verband, verlore is – nie die boere wat onder moeilike omstandighede voedsel vir die land produseer en werk skep nie.

"Dit mag nooit weer toegelaat word dat implementeringsagente van landbou-ontwikkelingsprojekte hul selfverryk en hierdie projekte nie tot voordeel van die gemeenskap is nie. Meeste ontwikkelingsprojekte, soos die omstrede Vrede-suiwelprojek is tans slegs geldwassery en 'n manier om geld van die staat te steel.

"Die regerende party is nie in staat om hulle talle verkiesingsbeloftes na te kom nie en gebruik boere as verskoning vir alle terkortkominge. Boere kry onder andere die skuld vir die behuisingstekort, werkloosheid en armoede.

"Boere kry dus die skuld vir die ANC-regering se onvermoë om behoorlike behuising vir die mense van die Vrystaat te verskaf, vir die vertraging in die oordrag van sowat 16 000 titelaktes  en vir landbougrond wat deur grondhervormingsprojekte aangekoop is en nie aan nuwe eienaars oorgedra is nie.

"Die regering kan weens 'n gebrek aan behoorlike bestuur, vaardighede, verantwoordelikheidsin en weens korrupsie en verkeerde prioriteite nie daarin slaag om aan sy beloftes te voldoen nie.

"Geen melding word deur die ANC gemaak dat die staat die meerderheid grond in Suid-Afrika besit nie. Die ANC ignoreer die feit dat sowat 96% van die begunstigdes van grondeise verkies het om die geld eerder as die grond te ontvang. Die regerende party neem nie eienaarskap van die mislukking van 9 uit elke 10 grondhervormingsprojekte nie.

"Die regerende party beloof onteiening sonder vergoeding om hul volgelinge te paai en hul aandag af te lei van die feit dat die ANC slegs homself en sy kaders oor die afgelope 24 jaar verryk het.

"Die departement van landbou se sleutelrol is om kommersiële boere te ondersteun ten einde die Vrystaat se status as kosmandjie van die land te herstel,"  Landbou in die Vrystaat mag nie bedreig word deur onverantwoordelike en ondeurdagte uitsprake vir goedkoop politieke punte nie.

"Opkomende boere ontvang ook nie die nodige ondersteuning nie. Opkomende boere ontvang grond van die staat, maar nie die titelaktes van die grond nie. Dit beteken dat hulle nie finansiering kan bekom nie, omdat hulle nie die grond besit nie. Daarom misluk baie opkomende boere.

"Beide kommersiële en opkomende boere verrig ñ broodnodige funksie, naamlik om voedsel vir die mense van Suid-Afrika te produseer. Verantwoordelike leierskap is nodig om boere te versterk, beskerm en ondersteun," het Wessels gesê.


DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.