fbpx
Vryheidsfront Plus

Kgetlengrivier (Koster, Derby en Swartruggens) kragloos weens wanbetaling

Die Kgetlengrivier-plaaslike munisipaliteit, wat Koster, Derby en Swartruggens insluit, se elektrisiteit sal op 20 September deur Eskom afgesny word weens die munisipaliteit se wanbetaling, sê Frans Potgieter, VF Plus-raadslid in die munisipaliteit. Die aankondiging is gedurende ‘n raadsvergadering gemaak.

Volgens Potgieter skuld die munisipaliteit ongeveer R50 miljoen aan Eskom.

“Betalende verbruikers sal nou saam met wanbetalers boet vir die ANC-beheerde munisipaliteit se wanbestuur. Indien uitstaande debiteure behoorlik ingevorder is en effektiewe finansiële bestuur toegepas was, sou ons nooit in hierdie verknorsing gesit het nie.

“Die munisipale bestuur is reeds in Desember 2016 deur Eskom gewaarsku dat elektrisiteitstoevoer tot die munisipale gebied afgesny gaan word indien daar nie dringend betalings gemaak word nie, maar dit wil voorkom of hul hulself net eenvoudig nie aan die waarskuwings gesteur het nie.

“Die VF Plus het ook al die munisipale bestuur gewaarsku teen die moontlike gevolge van so ‘n stap deur Eskom en spesifiek dat die munisipaliteit verantwoordelik gehou kan word vir enige skade wat gely word deur betalende verbruikers wat hul verpligtinge teenoor die munisipaliteit ten volle nagekom het.

“Die ANC moet kennis neem van betalende verbruikers se misnoeë oor swak bestuur van die Kgetlengrivier-munisipaliteit want almal sal daaronder ly,” het Potgieter gesê.

 

Kontakbesonderhede: 074 8771 155

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.