fbpx
Vryheidsfront Plus

Johannesburgse koalisieregering doen voorlegging aan Nersa teen Eskom se 20,5%-tariefverhoging

Die Johannesburgse koalisieregering, waarvan die VF Plus deel is, is gekant teen Eskom se voorgestelde tariefverhoging van 20,5% en doen daarom vandag ‘n voorlegging in dié verband aan Nersa.

Die koalisieregering glo die verhoging is onrealisties in die huidige ekonomiese omstandighede en dat inwoners en sake-ondernemings, wat reeds gebuk gaan onder groot finansiële druk, dit nie kan bekostig nie. Nersa sal versoek word om die tariefverhoging te verwerp.

Indien Eskom se tariefverhoging goedgekeur word, sal die metro verplig wees om dit deur te gee aan die inwoners en dit sal daartoe lei dat meer mense nie hul kragrekeninge sal kan betaal nie.

Baie inwoners het hul werk verloor tydens die Covid-19-pandemie of moes ‘n salarisverlaging aanvaar. Daar is ook sommige huishoudings wat nou aangewese is op net een salaris en nie die verhoging in kragtariewe sal kan bybring nie.

Die VF Plus en sy koalisievennote sal alles in hul vermoë doen om op te tree in die beste belang van Johannesburg se inwoners.

Navrae: 082 358 3882

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.