Die afgelope dae het die middestad van Johannesburg onder xenofobiese aanvalle en wydverspreide plundery deurgeloop. Dat daar wel ‘n probleem bestaan met buitelanders word bewys deur onlangse optredes van die Johannesburgse metropolisie en die polisie waar beslag gelê is op R15 miljoen se nagemaakte goedere soos juweliersware, sporttoerusting en memorabilia.
Hierdie onwettige handel skep werk vir buitelanders en winkeleienaars in die middestad.
"Die VF Plus is bewus van immigrante wat hier handel dryf en onwettige immigrante wat dieselfde doen op Suid-Afrikaanse grense. Die huidige xenofobiese aanvalle het deur die hele Gauteng versprei. Suid-Afrikaners is ongelukkig omdat hulle glo buitelanders ontneem hulle van werksgeleenthede," sê Franco de Lange, VF Plus-raadslid in die Johannesburgse metroraad
"Die metro versoek die departement van buitelandse sake gereeld om onwettige immigrante uit die stad te verwyder."
"Die VF Plus doen ‘n beroep op die owerhede om streng op te tree teen ondernemings wat nie belasting of BTW betaal nie. Baie van hierdie ondernemings neem ook mense in diens en registreer nie hul werkers vir persoonlike belasting of werkloosheidsversekering nie.
"Die VF Plus is bekommerd aangesien dit wil voorkom of xenofobiese aanvalle nie onder beheer gebring kan word nie en kan uitkring na die buiteland waar Suid-Afrikaners in weerwraak aangeval kan word," sê de Lange.