Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Haatspraak op sosiale media skep onvermydelik rassehaat en mag nie geduld word nie

Haatspraak en aanhitsing tot geweld op sosiale media sal onvermydelik lei tot polarisasie en rassehaat in Suid-Afrika en die VF Plus sal deurlopend sulke voorvalle by die aangewese owerhede aanmeld en daarop aandring dat dit ondersoek word om te verhinder dat dit die aanvaarde norm word.

Die VF Plus het vandag weer ‘n formele klag by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien teen ene Banyise Nkosi Jones weens aanhitsing tot rassegeweld met ‘n inskrywing op sy Facebookblad waarin hy ‘n foto van ‘n wit kleuter geplaas het en ‘n boodskap wat onder meer lui die kind is ‘n “klein vark”en dat hy binnekort soos ‘n dier “geslag” sal word.

Onder dié plasing is ‘n opmerking van een van Jones se Facebook-“vriende”, Sizwe Makathini, waarin hy sê “boere” moet vermoor word omdat “Ramaphosa se administrasie” nie sal optree nie (“will turn a blind eye…”).

 

"Daar bestaan geen twyfel nie dat sulke haatspraak plaasmoord en rassegeweld aanhits. Dit is veral kommerwekkend dat haatdraende rassiste in die swart gemeenskap, soos hierdie persone, onder die indruk verkeer dat die ANC-regering en pres. Cyril Ramaphosa hulle inderdaad nie steur aan plaasmoord nie en dit daarom swyend goedkeur," sê dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

 

"Die VF Plus is lank reeds bekommerd oor die president se stilswye en die gebrek aan optrede aan regeringskant oor die euwel van plaasaanvalle en doen gereeld ‘n beroep op die president om daaroor te reageer en op te tree."

 

"Haatdraende boodskappe soos hierdie dien ook as bewys dat die VF Plus se siening oor die regering se swye, reeds wyd inslag gevind het as stille aanvaarding. Die regering moet hiervan kennis neem.

"Die VF Plus het ‘n maand gelede ‘n soortgelyke klag by die MRK ingedien teen ‘n Twitter-profiel met die naam @BLudidi, wat ook in ‘n twiet mense aangehits het om wittes te vermoor.

"Die VF Plus sal die aangeleentheid met die president opneem soos hy gereeld doen, en sal toesien dat die MRK die nodige aandag aan die klagte gee," sê Groenewald.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.