fbpx
Vryheidsfront Plus

Geweldpleging in Schweizer-Reneke kan nie onbepaald voortduur nie

Geweld het vanoggend weer opgevlam in Schweizer-Reneke waar munisipale geboue vroeër vandeesmaand erg beskadig is in soortgelyke betogings.

Ek self moes as raadslid ’n vergadering by die munisipale kantore bywoon en is gekonfronteer deur ’n skare van sowat honderd woedende betogers wat aangedring het op antwoorde oor die diensleweringsprobleme op die dorp.

Mense was toe reeds besig om bande en ander voorwerpe op paaie om die munisipale geboue aan die brand te steek.

Die grondliggende oorsaak vir die gemeenskap se gewelddadige optrede blyk dienslewering te wees wat aangejaag word deur faksiegevegte tussen groepe in die munisipaliteit.

Die polisie het eers later opgedaag, maar terwyl die VF Plus op die toneel was, was daar geen optrede nie en die polisie het bloot die situasie gemonitor.

Dit is onaanvaarbaar en wys oproeriges is nie bang om geweld te gebruik nie aangesien hulle nie polisie-optrede vrees nie.

Dit was veral opvallend dat munisipale amptenare nie vroegoggend by die kantore opgedaag het nie. ANC-ampsdraers wat die vergadering moes bywoon, het ook nie opgedaag nie.

Die VF Plus sal vrae hieroor in die raad stel om vas te stel of sekere persone wel bewus was van die beplande betoging.

Die VF Plus sal as ’n saak van dringendheid skakel met die provinsiale owerhede asook met die premier, Bushy Maape, om in te gryp in die situasie.

Tot nou toe was die ANC se houding op nasionale en provinsiale vlak duidelik om weg te kyk in die klaarblyklike hoop dat die faksiegevegte vanself sal uitwoed.

Dit gebeur duidelik nie en die geweldpleging is besig om vinnig te eskaleer. Intussen ly gewone, wetsgehoorsame mense onder die haglike omstandighede wat kenmerkend is van talle ander munisipaliteite in Noordwes.

Dit kan nie so voortgaan nie. Suid-Afrika se mense verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.