fbpx
Vryheidsfront Plus

Geen genade’-veldtog werp vrugte af met inhegtenisneming van misdadige Tshwane-metropolisielede

Die Tshwane-metro sal geen genade toon aan metropolisielede wat hulle skuldig maak aan ongerymdhede en misdaad nie.

Dit is die afgelope drie weke bewys met die inhegtenisneming van vyftien Tshwane-metropolisielede vir verskeie oortredings soos gewapende roof, omkopery, intimidasie, korrupsie, ontvoering, diefstal by onder meer ondernemings, die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen, ammunisie en dwelms.

Ses van die vyftien lede is van Pretoria-Oos, ses van Centurion, een van Pretoria-Sentraal, een van Pretoria-Noord en een van Hammanskraal.

Drie van die lede se borgtogaansoeke is teengestaan en hulle is steeds in aanhouding.

Daar is ook dissiplinêre stappe teen al die lede geneem en almal is geskors.

Dissiplinêre verhore sal onafhanklik van die strafregtelike verhore voortgaan

Die VF Plus bedank die Tshwane-metropolisie en polisielede wat gehelp het om die verdagtes aan te keer.

Hierdie “skoonmaak”-operasies sal in al die departemente van die Tshwane-metro voorgesit word. Geen genade en verdraagsaamheid sal aan amptenare betoon word wat hom of haar skuldig maak aan misdadige optrede nie.

Die Tshwane-metro beplan ook binnekort ‘n #Geen-Tjo-tjo-veldtog waartydens die metropolisie motoriste breedvoerig oor hul regte sal inlig wanneer hulle deur ‘n metropolisielid gestop word.

Die Tshwane-metro se doel is om oneerlikheid en korrupsie onder die metropolisie met wortel en tak uit te roei en weer vertroue by die publiek te skep.

Die koalisieregering van die Tshwane-metro, waarvan die VF Plus deel is, streef na ‘n suiwer en skoon regering en sal nie onderlangse misdaad toelaat onder mense wat veronderstel is om die gemeenskap te dien en te beskerm nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.