fbpx
Vryheidsfront Plus

Gee Zuma R 1 per maand

"Indien daar een persoon in die land is wat meer as enigiemand anders onregmatig verryk is, is dit pres. Zuma. Hy het ‘n persoonlike huis ter waarde van R246 miljoen gekry waaroor die belastingbetaler betaal het," het dr Corné Mulder, VF Plus-hoofsweep gesê.

Gedurende die Nkandla-sage het die VF Plus in die parlement voorgestel dat voormalige pres. Jacob Zuma se salaris na R1 verminder word.

"Dit is steeds die VF Plus se mening dat die oud-president sy volle pensioen moet ontvang," het Mulder tydens 'n parlementêre mosie Woensdag gesê.

"Verstommend genoeg probeer die ANC die voormalige president steeds help en beskerm"

 

Hoewel die VF Plus, anders as die ANC-regering, van mening is dat Suid-Afrika se Grondwet gerespekteer moet word en so ook die kantoor van die land se president, is die voorwaarde egter dat die persoon in dié kantoor respek moet verdien.

"President Jacob Zuma se optrede het nie respek verdien nie," het dr Corné Mulder, VF Plus-hoofsweep Woensdag in die parlement tydens die mosie gesê.

"Die ANC-regering betaal nou die prys vir wat oor die laaste tien jaar onder pres. Zuma se leierskap gebeur het, en hy gaan aanstaande jaar by die stembus ook daarvoor betaal. Maar verstommend genoeg probeer die ANC die voormalige president steeds help en beskerm.

"Die ANC kan bloot net nie doen wat reg is nie. En solank hy hiermee voortgaan, sal hy die prys by die stembus betaal," het Mulder gesê.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.