Die eThekwini-metroraad beplan om oor die volgende drie jaar R3,5 miljard te leen (begin vanjaar met R1,5 miljard), terwyl hy terselfdertyd deernisskuld van R1 miljard afskryf.
Dié lening word aangegaan terwyl die metro sowat R5,6 miljard se beleggings by verskeie instansies het.
Die rentekoers van 7,65% wat die metro op die beleggings verdien, is aansienlik laer as markverante koerse.
Volgens inligting van die vorige onderburgemeester, mnr. PG Mavundla, is die lening nodig om sewentien wanfunksionele rioolaanlegte te herstel. Hy het intussen as raadslid bedank.
Die motivering vir die lening word bemoeilik deur die feit dat teen einde van Oktober 2022, R1,6 miljard se kapitaal- en operasionele toelaes, asook R185 miljoen se ramphulpfondse nog nie bestee was nie.
Die metro het debiteure van R23 miljard. Daarvan skuld Transnet meer as R900 miljoen. Nog R1 miljard van arm huishoudings gaan afgeskryf word.
Die VF Plus eis dat die metro verduidelik waarom die lenings nodig is, of debiteurebestuur onder beheer is en waarom beskikbare geld nie eerder aangewend word nie.