fbpx
Vryheidsfront Plus

EFF se onsinnige mosie bevorder rassepolarisasie

"Die EFF gaan tydens die komende wetgewersitting op 22 Oktober 2019 ‘n mosie ter tafel lê om alle sogenaamde koloniale simbole uit die Vrystaat te verwyder," sê Jan van Niekerk, VF-Plus provinsiale leier van die Vrystaat.

"Dié aanval op Afrikanergeskiedenis is teenstrydig met nasiebou en bevorder rassepolarisasie. Alle rassegroepe se geskiedenis moet gerespekteer word.

"Die inhoud van die mosie bevat bewerings dat swartmense geen beelde van helde in die Vrystaat het nie en dat slegs wit helde in die Vrystaat uitgebeeld word.

"Die EFF eis dat geskiedkundige simbole, soos gesien in die vierde raadsaal, asook die standbeeld van genl. Christiaan de Wet, verwyder moet word. Die EFF voer in sy mosie aan dat die verwydering van hierdie simbole sal bydra tot die uitwissing van kolonialisme.

"Die VF Plus is ten gunste van ‘n inklusiewe erfenisterrein waar een groep se geskiedenis nie weggeneem word nie, maar waar daar eerder bygevoeg word. Die verlede kan nie herskryf of verander word nie en daar moet eerder respek vir alle groepe se geskiedenis wees en geleer word uit die verlede.

 

"Terwyl mense in die Vrystaat honger ly en gebuk gaan onder uiters swak dienslewering, prioritiseer die EFF simbole. Dit is beduidend van die EFF se kortsigtige populisme."

 

"Die EFF het nog nie geleer dat ‘n land nie opgehef word deur gedeeltes van die samelewing te probeer afbreek nie. Solank dit die EFF se uitgangspunt is, sal armoede en ongelykheid in Suid-Afrika bly voorbestaan

"Die VF Plus sal die mosie ten sterkste teenstaan. Die VF Plus veg vir ‘n beter bedeling waar daar uit die verlede geleer word en op ‘n beter toekoms gefokus word," sê van Niekerk.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.