Die VF Plus versoek in ‘n skrywe die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, om maatreëls in plek te stel en streng op te tree om die vermorsing van water stop te sit, sê dr. Corné Mulder, leier van die VF Plus in die Wes-Kaap.
’n Videogreep doen tans die rondte op die sosiale media waarop duidelik gesien kan word hoe mense lang rye hoofsaaklik minibus-taxi’s in die straat was terwyl water in strome die straat afloop.
“Die VF Plus versoek Zille om streng maatreëls in te stel en toe te pas wat informele ondernemings sal verbied om water te vermors.
“Die mense op die video het duidelik kennis geneem van die stad se besluit dat informele woongebiede nie deur Dag Zero geraak sal word nie.
"Dit is onaanvaarbaar en daar moet opgetree word.
"Die VF Plus sal hieroor ‘n wakende oog hou,” sê dr. Mulder.
12:25:08