fbpx
Vryheidsfront Plus

Daar moet dringend opgetree word om aanvalle op paramedici stop te sit

"Die VF Plus gaan die minister van gesondheid dringend versoek om in te gryp in die voortslepende krisis wat tans die land teister waar paramedici beroof en aangeval word. Volgens mediaberigte het daar reeds dertig aanvalle die afgelope ses maande op lede van nooddienste in die land plaasgevind," sê Philip van Staden, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van gesondheid.

"Die VF Plus beskou hierdie oënskynlik nuwe tendens as kommerwekkend en die situasie moet opgelos word voordat dit hand uitruk en die uiters noodsaaklike werk van paramedici ‘n erge knou toedien. Die enigste wat daaronder gaan ly is pasiënte wat mediese hulp dringend nodig het.

 

"Paramedici verrig ‘n uitstekende en uiters belangrike werk wat tallose lewens red. Dit is ‘n diens waarsonder Suid-Afrika beswaarlik kan klaarkom."

 

"Paramedici is baie mense se redders in nood en indien hierdie mense nie meer hul werk kan verrig nie uit vrees dat hulle aangeval, beroof en selfs vermoor kan word, gaan dit ‘n nasionale krisis veroorsaak.

"Die VF Plus meen dat die minister van gesondheid nie meer hieroor kan swyg nie en daadwerklike stappe moet nou geneem word. Paramedici in die openbare- en privaatbedryf moet beskerm word en daarom moet die minister dringend met sy kollegas in die kabinet vergader om die probleem op te los," sê van Staden.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.