City Power, wat verantwoordelik is vir die herstel aan beskadigde elektrisiteitsnetwerk in gedeeltes van Florida en Johannesburg na die naweek se reën en windstorms, neem onaanvaarbaar lank met die herstelwerk.
Inwoners is al vier dae sonder elektrisiteit en dit is onbekend wanneer die kragtoevoer herstel gaan word.
Die VF Plus is bekommerd omdat daar nie dadelik van beskikbare kundigheid en noodbefondsing gebruik gemaak is om basiese dienste aan die geraakte gebiede te bring nie. Noodbefondsing word gedurende onvoorsiene gebeure beskikbaar gestel om geteisterde gebiede te help.
Dit is ook nie die eerste keer dat City Power ‘n tekort het aan elektriese toerusting en veral transformators om beskadigde substasies te herstel nie. Intussen word belastingbetalers benadeel omdat herstelwerk nie binne 48-uur afgehandel word nie. Die VF Plus is reeds in gesprek met City Power om die herstelproses te versnel.
Gedurende die koalisievennootskap in die Johannesburgse metroraad wat vanaf 2016 tot 2019 geduur het, is bekend gemaak dat City Power ‘n agterstand van R168 miljard se onderhoudswerk aan die elektrisiteitsnetwerk gehad het in die tydperk wat die ANC aan bewind van die stad was.
Hierdie is ‘n goeie aanduiding dat koalisieregerings sonder die ANC die enigste uitweg is om munisipaliteite en metrorade suksesvol te bestuur tot voordeel van die belastingbetalers.
Navrae: 082 358 3882