fbpx
Vryheidsfront Plus

Brand vernietig bekende onderneming in Welkom weens ontoereikende brandbestryding

Die VF Plus veroordeel die jongste voorval waarin ‘n bekende Welkomse onderneming Woodmasters afgebrand het weens die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom) se onvoldoende brandweertoerusting.

Dié brand het Dinsdagmiddag uitgebreek. Na bewering is vyf brandweermanne met ‘n bakkie en ‘n brandslang by die toneel afgelaai.

Inwoners en sake-eienaars het self ingespring om die brandskade te beperk.

VF Plus-verteenwoordigers het die brandweerstasie besoek en het daar verneem dat die munisipaliteit geen werkende brandweerwa beskikbaar het nie.

Die situasie is ontstellend en die swak diens onaanvaarbaar. Dit is weereens inwoners wat onder die wanbestuur en nalatigheid van ‘n ANC-beheerde munisipaliteit moet ly.

Die VF Plus sal vrae in die raad rig aan die burgemeester, Thanduxolo Khalipha, en sal ‘n verduideliking eis rondom wat Matjhabeng beplan om te doen aan die tekort aan brandbestrydingstoerusting en kundigheid.

Die VF Plus bedank die publiek en sakelui wat gehelp het om groter brandskade te voorkom.

Die inwoners van Matjhabeng verdien betroubare nooddienste en ‘n beter regering as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.