fbpx
Vryheidsfront Plus

Antonnette Botha-Braillemuseum gepaste wyse om haar te gedenk vir bydrae tot blinde Afrikaanse gemeenskap

Die VF Plus het die afgelope week op uitnodiging van “Blind SA” die opening van die Antonnette Botha-Braillemuseum by “Blind SA” se kantoor in Alberton bygewoon.

Die party is baie trots en opgewonde dat me. Botha se werk op hierdie wyse vereer word en dat haar bydrae tot Suid-Afrika se blinde persone, veral die Afrikaanse blinde gemeenskap, op hierdie wyse behoue bly vir die nageslag.

Dit is belangrik om die bydrae van me. Botha te verstaan ten einde die geskiedenis van braille se ontwikkeling in Suid-Afrika te begryp.

Die belangrike rol wat me. Botha in die lewe van blinde mense gespeel het, word nou deur hierdie museum weergegee.

Sy het wêrelde oopgesluit vir talle blinde Afrikaanse mense.

Me. Botha se bydrae het begin toe sy die Afrikaanse braille-snelskrif gekonsolideer het met die Engelse weergawe.

Sy het later selfs Engelse boek “Piano for the Blind” na Afrikaans in braille vertaal.

Braille word vandag steeds, ten spyte van nuwe tegnologiese middels, gebruik as die standaardmetode waardeur blinde persone normaal kan kommunikeer en deelneem aan algemene aktiwiteite.

Me. Botha was daarom vir alle praktiese redes ‘n menseregte-aktivis vir die blindes deur die uitbreiding van braille na die Afrikaanse gemeenskap.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.