fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC in Gauteng moenie speletjies speel met sukkelende Emfuleni nie

Die VF Plus in Gauteng het die ANC in die provinsie gewaarsku om nie politieke speletjies te speel met die sukkelende Emfuleni-munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) nie.

Dit volg nadat die ANC in Gauteng vandag aangekondig het die burgemeester van Emfuleni, Jacob Khawe, is terug is in sy pos na gesprekke tussen Khawe en die ANC op provinsiale vlak om sy bedanking van vroeër die week terug te trek.

Volgens die ANC is Khawe die aangewese persoon om die sukkelende Emfuleni van ondergang te red.

"Volgens 'n bron in die ANC is die munisipaliteit ook glo nie meer onder semi-administrasie nie," sê Philip van Staden, VF Plus-LPW in die Gautengse wetgewer.

"Die VF Plus in Gauteng is bekommerd oor hoe die saak die afgelope week deur die ANC hanteer is. Belastingbetalers van Emfuleni moet deur die ANC om verskoning gevra word vir die ongemaklikheid wat in hul munisipaliteit plaasgevind het terwyl dit eintlik 'n interne ANC kwessie was.

"Die gebeure van die afgelope week is 'n bewys dat die Gautengse regering nie die politieke wil het om Emfuleni onder administrasie te plaas om sy finansiële probleme aan te spreek nie.

"Die VF Plus is van mening dat Emfuleni se finansiële probleme slegs aangespreek kan word met die ingryping van die Gautengse regering en dat die tyd reeds uitgeloop het om Emfuleni van ondergang te red.

"Die VF Plus spreek die hoop uit dat daar wel 'n plan in plek is wat mnr Khawe ter tafel kan lê om Emfuleni se probleme op te los. Indien dit nie die geval is nie, moet mnr Khawe die eerbare ding doen deur die provinsiale regering se ingryping te vra," sê van Staden.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.