fbpx
Vryheidsfront Plus

ANC en EFF teiken NMBM-koalisieregering om hande op geldkoffers te kry

Die ANC en EFF se mosies van wantroue in die speaker, Gary van Niekerk, burgemeester, Retief Odendaal, onderburgemeester, Mkhuseli Jack en hoofsweep, Bill Harington, van die Nelson Mandelabaai-metroraad (NMBM) is bloot ‘n poging om hul hande op die metroraad se geldkoffers te kry.

Die koalisieregering, waarvan die VF Plus deel is, is die laaste sewe maande in beheer van die metro.

In dié kort tydperk is groot vordering gemaak met die herstel van 7000 waterlekkasies, 12 000 stukkende straatligte en 15 000 slaggate wat die ANC en sy vennote nagelaat het om te herstel.

Die ANC het bewys dat hy die metro nie suksesvol kan bestuur nie. Die metro is op sy knieë gebring en agtergelaat met ‘n gebroke administrasie, verflenterde infrastruktuur en swak dienslewering.

Die VF Plus sal aanhou veg vir gehalte dienslewering vir die getroue belastingbetalers van die NMBM.

Inwoners van die metro verdien nie die ANC en sy meelopers se wanbestuur nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.