fbpx
Vryheidsfront Plus

ABSA-SARB sage afleier van OB-staatskapingsverslag

“Die ABSA-SARB-sage oor die hulppakket deur die Reserwebank aan ABSA is ‘n rookskerm om die aandag weg te lei van die staatskapingsverslag van die Openbare Beskermer. Volgens die OB se verslag moet die president ‘n kommissie van ondersoek instel na staatskaping en dit is eintlik veelseggend dat die ANC nou aandring op ‘n kommissie van ondersoek na apartheidsplundery van die staatskas. Dit is duidelik dat die ANC besef hy gaan nie wegkom sonder ‘n kommissie soos deur die OB bepaal nie en moet nou ‘n balans skep en wil eintlik sê dat in apartheid was die regering ook ‘n slagoffer van staatskaping.

“Hierdie benadering van die ANC word bevestig deur die tydsberekening van die uitlek van die verslag oor ABSA en die Reserwebank. Hoekom nou na 22 jaar skielik die versoek van ‘n kommissie van ondersoek terwyl vorige presidente en ministers van die ANC bewus was van hierdie hulppakket en die Ciax-verslag. Cosatu maak ook misbruik van die situasie deur hernude oproepe dat die Reserwebank genasionaliseer moet word. So nasionalisering sal verdere beleggingsvertroue skaad en die ekonomie nadelig tref.

“Wat gedoen moet word is dat pres. Zuma die kommissie volgens die OB-verslag aanstel en hom nie tot die hof wend om dit te vertraag nie,” sê dr. Pieter Groenewald, leier van die Vryheidsfront Plus.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.