Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus sal nie Tshwane-spesiale raadsvergadering bywoon om nuwe hoofsweep te verkies

Die VF Plus-koukus sal nie more die Tshwane-metro se spesiale raadsvergadering, waar ’n nuwe hoofsweep verkies moet word, bywoon nie.

Die metro het verlede maand aangekondig dat Molatelo Mashola se pos as hoofsweep vakant is nadat hy as tussentydse burgemeesterskomiteelid vir nutsdienste aangestel is. Die vorige burgemeesterskomiteelid, Frans Boshielo, is skielik en sonder rede uit sy pos verwyder.

Die VF Plus beskou dit as onnodig en sinneloos om nou ’n nuwe hoofsweep aan te stel.

Die hoofsweep het tans geen dringende pligte nie aangesien more se raadsvergadering die laaste raadsitting is voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November.

Die VF Plus beskou die aanstelling as ’n mors van tyd en belastinggeld. ’n Gewone raadslid verdien aansienlik minder as die hoofsweep. Die VF Plus sal nie sy goedkeuring verleen aan ʼn onsinnige besluit nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.